Eendag-kursus

Minimum van 2 persone. R1250 per persoon

Maak jou eie ring. 6 gram Silwer en n half-edelsteen word verskaf

Kursustyd: 9:30 -13:00. Middag-ete breuk. Hervat 14:00-17:00
’n Voldag word spandeer in die werkswinkel.

Met die persoonlike hulp van ’n juwelier word die student bloot gestel aan:
• Smelt, uitrol, manupilasie van metaal. Saag, vorm, louter.
• Basiese kennis oor stene en hulle eienskappe.
• Maak ring, soldeer, poleer en set steen.

Besprekings moet ten minste vyf dae vooraf gemaak word.


Driedag-kursus

(Sien ook Bo Karoo Opleiding se prospektus)

R3600 per persoon

Hierdie kursus is geskik vir persone wat juweliersware as n beroep oorweeg
of vir skoolverlaters wat alle moontlikehede ondersoek voordat hulle ’n beroepskeuse maak.

Spandeer drie dae in die werkswinkel en leer deur te doen. Die student neem ’n voltooide juweliersstuk(ke) huis toe.

12gram silwer, ’n sirkonium, ’n pêrel en ’n halfedelsteen word verskaf.


Spanbou-projekte

Groepies van 4 persone op ’n slag
’n Groepsessie duur 4 ure. Twee groepsessies per dag kan aangebied word.

Koste: R600 persoon. (Verversings ingesluit)

Elke persoon gaan met n juweliersstuk huis toe.
Besprekings moet vyf dae vooraf gemaak word.